This article may contain graphic and/or adult content unsuitable for minors and sensitive readers.
Die Groot-Brakrivier Polisiestasie is opsoek na 'n verdagte man nadat 'n inwoner van die omgewing tydens die middaguur ernstig aangerand is.
Die 56-jarige slagoffer was in haar kombuis in Groot-Brakrivier besig toe 'n man haar van agteraf aangeval het. Die slagoffer is na bewering ernstig aangerand en met 'n mes gesteek. Daar is na beraming tussen R90 000 en R100 000 uit 'n kluis gesteel.
Volgens die polisie is die verdagte bekend aan die slagoffer en het hy na bewering tuinwerk vir haar gedoen.
Die slagoffer is in 'n ernstige toestand in die Bayview Hospitaal in Mosselbaai opgeneem.