on air now
Magic Music Mix
up next
Up Next
Carly Fields
on air now
NOW PLAYING
Magic Music Mix
up next
Up Next
Carly Fields
 

Afrikaanse sanger Arno Jordaan beseer in ongeluk


 Die bekende Afrikaanse sanger en boorling van Port Elizabeth, Arno Jordaan was vroeer vanmiddag in 'n motorongeluk betrokke.

Arno se broer en bestuurder, Dewald Jordaan, sê die ongeluk het op die N14 gebeur, terwyl hy op pad na Krugersdorp was.

Hy het glo beheer verloor oor sy voertuig, waarna dit gerol het.

Arno het beserings aan sy gesig opgedoen en is tans in die Unitas Hospitaal in Pretoria vir X-strale.

Dewald sê sy broer is erg geskok, maar hulle is dankbaar dat hy lewe.