Die mielie-oes oortref steeds die stoutste verwagtinge, nadat die sesde produksieskatting vir somergewasse vir 2014 die week vrygestel is.
Die Oesskattingskomitee stel die grootte van die kommersiële mielie-oes op 14,017 miljoen ton, wat sowat 1% of 126 700 ton hoër is as die vorige skatting van 13,890 miljoen ton.
Die verwagte opbrengs beloop 5,21 t/ha.
Die oppervlak onder wit mielies is 1,551 miljoen ha en vir geel mielies is die oppervlak 1,137 miljoen ha.
Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 853 325 ton, terwyl die verwagte grondbone-oes afwaarts aangepas is met 7,75%.
Die produksieskatting van sorghum het toegeneem met 9,6% tot 255 700 ton.