Die Melk Produsente Organisasie sê in die eerste helfte van 2014 is 23 000 ton suiwelprodukte ingevoer, 21% meer as in dieselfde tydperk verlede jaar, terwyl uitvoer met 10 384 ton tot 91 600 ton toegeneem het.
Die MPO sê die vernaamste rede vir die hoër invoer ondanks aansienlik hoër internasionale pryse is laer plaaslike aanbod.
Suid-Afrika bly 'n netto uitvoerder van suiwel op 'n massa- en melk-ekwivalente basis.
Volgens dr Koos Coetzee, ekonoom van die MPO, is dit jammer dat meer plaaslik vervaardigde produkte nie beskikbaar was vir uitvoer in die eerste helfte van 2014 nie.