Weens die Europese Unie se fito-sanitêre maatreëls hou groter kwotas vir tariefvrye uitvoer van suiwelprodukte na die EU geen voordele vir Suid-Afrika in nie.
Die besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie, Bertus de Jongh, sê Suid-Afrika se produkte kan weens die EU se fitosanitêre maatreëls nie soontoe uitgevoer word nie.
Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die EU het onlangs ná tien jaar se onderhandelings ‘n ekonomiese vennootskapsooreenkoms bereik.
Die Departement van Handel en Nywerheid het in ‘n verklaring gesê die ooreenkoms sal beter marktoegang vir 32 landbouprodukte meebring, onder meer vir sommige suiwelprodukte.