Sunette Bridges se Rooi Oktober veldtog kry gestalte
01 Feb 2016 | Admin Author
Warning:
This article may contain graphic and/or adult content unsuitable for minors and sensitive readers.
Die sangeres en aktivis Sunette Bridges wat haar vir die beskerming van veral blankes beywer, het haar bewusmakingsveldtog, genaamd Rooi Oktober, bekend gestel.
Die veldtog het met sonsopkoms in Nieu Seeland begin en sal teen 12 uur Donderdag middag in Suid Afrika gestalte kry.
Bridges sê die veldtog is om in opstand te kom teen plaasmoorde, korrupsie en soos wat sy dit noem, die vertrapping van Afrikaners.
In die Oos Kaap sal die veldtog in Oos London, Port Elizabeth , Kirkwood en Kareedouw gehou word.
Algoafm nuus het met die koordineerder van die Oos Londen veldtog gesels.
Magda Engelbrecht verduidelik waarom sy die veldtog ondersteun en reageer op kritiek van ander rasse...
"Daar is al van my persoonlike familie en vriende wat vermoor is en wat tot en met vandag nooit die media gehaal het nie. Ek is ongelukkig oor die dienslewering in my dorp. Dienslewering bestaan nie meer nie. Dit is een van die groot redes waarom ek besluit het om die dag ten volle te ondersteun. Ek dink nie dit is net blankes wat vermoor word nie, regtig nie, maar as hulle ook voel soos wat ons voel, hoekom neem hulle ook nie deel daaraan nie? Hoekom kry hulle nie ook iemand om hulle te help om te sê "kyk hoe word ons mense vermoor" nie?"
Deelnemers sal onder meer elk 'n ballon, wat biologies afbreekbaar is, gesamentlik op dieselfde tyd die lug instuur.