on air now
up next
Up Next
Magic Music Mix
on air now
up next
Up Next
Magic Music Mix
 

"Pawpaw vir my Darling" 'n treffer by die loket



Die sukses van Koos Roets se nuutste Afikaanse rolprent, 'n Pawpaw vir my darling, kom selfs as 'n verassing vir die rolprentmaker. 

Die 73-jarige Roets, regisseur van onder andere die destydse en gewilde televisieprogram Koöperasiestories, het aan OFM Nuus gesê hy het dadelik geweet na hy die boek van Jeanne Goosen gelees het, dat hy dit as 'n rolprent wil vervaardig.. Volgens Roets het die rolprent nagenoeg R1,3 miljoen verdien ná dit slegs enkele dae by plaaslike filmteaters te sien is. Ongeveer 25 000 mense het al "Papaw", wat handel oor die Beeslaar familie van Frik du Preez-straat 24 in Danville, gaan kyk. Roets sê dit was groot pret om die film te maak: 

"Ons het vir Sandra Prinsloo gehad, Brumilda van Rensburg en Willie Esterhuizen en Deon Lots. Dit was fantasties gewees. Dit was lekkerder om dit te maak as om daarna te kyk. Dit was groot pret." sê Roets.