This article may contain graphic and/or adult content unsuitable for minors and sensitive readers.
Die sanger Kurt Darren is steeds in 'n ernstige toestand in 'n hospitaal in Johannesburg, nadat hy Saterdagaand in 'n motorongeluk was.
Hy het na wat berig word agt ribbes gebreek en dokters stel die omvang van interne bloeding vandag vas.
Darren was 'n passasier in 'n motor wat in Kameelfontein buite Pretoria gerol het, en is per helikopter na die die Netcare Milpark-hospitaal afgevoer.
Sy bestuurder, Louis van Wyk, sê reëlings word getref om sy vrou Dunay, wie saam met haar ma in Europa toer, terug te bring om by haar man te wees.
"Op hierdie stadium het hy 'n suurstof masker aan, maar hy sukkel baie met sy asemhaling. Jy kan dink as jy so baie ribbes gebreek het dan het jy baie pyn in jou diafragma en sukkel om asem te haal. Hy praat die minimum maar fluister dat hy "OK" is"