Die vier seuns van 'n hoërskool in die Noord-Kaap, wat vandag in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn het vir die beweerde verkragting en aanranding van 'n mede-leerling, se saak is tot 21 April vir verdere ondersoek uitgestel.
Volgens polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, bly die beskuldigdes in die sorg van hul ouers.
Die vier het na bewering tydens 'n ontgroeningspraktyk, 'n 19-jarige leerling verkrag en aangerand in sy koshuiskamer by die skool.
Die vier het reeds voor 'n tugkomitee van die skoolbeheerliggaam verskyn, maar die bevindings is nog nie bekendgemaak nie.
Gerugte dat die klagte teen een van die vier seuns teruggetrek is, is deur die Noord-Kaapse onderwysdepartement ontken.
Sydney Stander sê alvorens die tugproses afgehandel is, kan die saak nie teruggetrek word nie.
OFM