Die uitvoerende direkteur van Graan SA, Jannie de Villiers sê volgens internasionale gegewens is Suid-Afrika nou die sesde grootste mielie-uitvoerder in die wêreld. .
Hy het by Agri Delmas se jaarvergadering gesê Suid-Afrika sal na verwagting ’n totaal van 1,95 miljoen ton mielies vanjaar uitvoer.
Hy het gesê tot nou is 135-duisend ton wit mielies en 586-duisend ton geel mielies reeds uitgevoer.
De Villiers het gesê waar die diepsee-uitvoer altyd hoofsaaklik geel was, is daar nou lande soos Korea en die Republiek van China wat al begin kyk na wit mielies ook, hoofsaaklik vanweë die gunstige prys teenoor geel.
Die meeste wit mielies is sover egter steeds na buurlande soos Botswana, Zimbabwe, Lesotho en Mosambiek uitgevoer.