on air now
NOW PLAYING
KayCee Rossouw
up next
Up Next
Sunday Evening Music
on air now
NOW PLAYING
KayCee Rossouw
up next
Up Next
Sunday Evening Music
 

Oos-Kaap grootste melkverskaffer in SA - MPO


Die voorsitter van die Oos-Kaapse Melkprodusente-organisasie, Simon Matthews sê wanneer die inkomste uit melkboerdery met dié van ander veevertakkings in die provinsie vergelyk word, is die prentjie nie so sleg as wat dikwels voorgegee word nie.

Hy het op die MPO se algemene jaarvergadering in Port Elizabeth gesê het dat die gemiddelde melkprys in die provinsie van R3,80 per liter ’n jaar gelede met 12% gestyg het tot die huidige R4,25 per liter.

Matthews het gesê hoewel die vaste koste die afgelope jaar met meer as die inflasiekoers gestyg het, het die prys van hoë konsentraat voer die afgelope twee maande merkbaar gedaal.

Hy het gesê indien melkpryse die opwaartse neiging voortsit, mieliepryse op die vlakke bly waar dit nou is en daar vroeë lentereëns val, sal dit nog beter met die bedryf kan gaan.

Matthews het gesê die Oos-Kaap is nou die grootste melkvoorsiener in die land, met produksie wat die afgelope tien jaar verdubbel het.

Die invoerpariteit het van R7 per liter tot R5,60 per liter in Junie gedaal.