on air now
NOW PLAYING
Roch-Lè Bloem
up next
Up Next
KayCee Rossouw
on air now
NOW PLAYING
Roch-Lè Bloem
up next
Up Next
KayCee Rossouw
 

Duisende poste in die landbou tot niet


Nagenoeg 73 000 poste is verlede jaar in die landbou tot niet.

Die hoof van strategiese navorsing van Nedbank Capital, Mohammed Nalla het aan Beeld gesê dié enorme verlies aan werk in die landbou moet Suid-Afrikaners na regte op hete kole hê.

Die koerant berig dat 39 000 minder mense in die tweede kwartaal van 2013 in dié sektor gewerk het - dis ’n verlies van 5,5% poste.

Nalla het gesê voedselsekerheid is noodsaaklik vir die Suid Afrikaanse ekonomie en dié aansienlike werkverliese in die landbou kan nie bekostig word nie.

Hy skryf dit deels toe aan onsekerheid oor beleid en probleme in die arbeidsmark, met baie boere wat óf begin meganiseer óf hul bedrywighede afskaal.