on air now
up next
Up Next
Jeff Moloi
on air now
up next
Up Next
Jeff Moloi
 

KAROO KERMIS IN MIDDELBURG OOS-KAAP

Die dag begin met 'n vroegoggend-ontbyt (kaartjies te koop) Kosstalletjies: Pannekoek, Jaffels, Vetkoek, Poeding, Braaivleis en tjips, Koffie/Tee. Ons het 'n KUIERTENT! Bring jou eie koelhouer, ons het die eish. Corkfee: R20 Ander stalletjies: Vleisverkope (ons sosaties is baie gewild) Unieke/tipiese Karoo kosse: Skilpadjies, Skaapstertjies, Afvalpotjie, Mosselpot, Kaiings Gebak Gemeentestalletjie met handwerk, naaldwerk, ingelegde bottels, kunswerke Vrugte en groentemark Buite-stalletjies vir gemeenskap om hul eie produk (NIE KOS NIE) daar te verkoop. Daar is nie net kos en drinkgoed op die spyskaart nie. Jy kan kom maagspiere rek en self kompeteer: Grapjas-kompetisie (stuur jou grap in!) Prys is 'n biltongkerwer Vreet-kompetisies (wie kan die vinnigste 'n liter coke afsluk, meeste marshmallows eet in sekere tyd, ens) Skyfskiet Kettieskiet Pyltjies (pryse van R300-springbok vir veerpyltjies!) Daar is 'n span wat kaartjies verkoop @ R20, en trekkings vind plaas op die 5e, met pryse soos: Naweek op gasteplase, 2 etes per dag ingesluit, 2 nagte in Jeffreys Hampers met waardes R100 en meer Geskenkbewyse by verskeie winkels Gordyne maak (materiaal uitgesluit) Haarsnitte.... en VELE meer. So 'n saamkuier hoort by Karoomense, want ons is hartsmense. Kom lag, (vr)eet, proe en wie weet, dalk stap JY weg met 'n prys!! Vir navrae: Elsabé Welman - 0769216174 - skryf@elsabewelman.co.za