on air now
NOW PLAYING
KayCee Rossouw
up next
Up Next
The Drive With Roland Gaspar
on air now
NOW PLAYING
KayCee Rossouw
up next
Up Next
The Drive With Roland Gaspar
 

Hoërskool Otto Du Plessis Gholfdag

Op Saterdag 28 November 2020 bied ons ’n pret-gholfdag aan op ons eie “Mashy” gholfbaan. Kom raak ontslae van die frustrasies van 2020 (en daar was baie!!!) deur 18 geleenthede te kry om ’n kolhou te slaan. Daar is ’n IPS kompetisie, waarvan die koste R130 per speler is, of u kan vir die spankompetisie inskryf, koste R600 per span, waar al vier spelers se tellings sal tel. Daar is ook ’n trofee op die spel vir die span met die meeste punte en vir die mees oorsponklike spandrag (die beoordelaars se beslissing is finaal). Die inskrywingsfooi sluit die beste burger in die Oos-Kaap,’n OTTO-burger en skyfies in. Alhoewel ons dit as ’n fondsinsameling beskou, is dit vir ons belangrik om soveel as moontlik van ons getroue ondersteuners vir hierdie lekker dag vol pret bymekaar te kry.

Daar is ook nog heelwat borggeleenthede: Tipe borgskape: Vierbalpakket - 10 Beskikbaar - R600 Bof/setperk - R1 000 -Vertoon advertensie by bof/setperk Pryse: Enige pryse sal waardeer word Vertoon advertensie in die klubhuis Enige pryse sal waardeer word Plek: Hoërskool Otto du Plessis Sportvelde Kompetisie reëls/reëlings:  Almal speel van ’n 18 voorgee af (3 punte vir ’n syfer, 2 punte vir “bogey”, ens ) – na 5 houe moet speler optel ? Net 3 stokke per speler ? Afslaantye: 7:00 – 9:00 en 12:00 – 14:00 ? Individuele pryse vir die eerste 10 spelers ? Gelukkige trekkingspryse vir nie-wenners Inskrywings kan gedoen word by: Lana Pienaar (skool ure) 041 4522184 Tiaan Stander (na skool ure) 065 8363 901 Pannekoeke, worsbroodjies, skyfies, koffie en ander lekkernye sal ook te koop wees.

Ons sien daarna uit om u te verwelkom by ons Gholfdag. Die 19de putjie sal ook oop wees. Die rugby sal ook op die “BIGSCREEN” vertoon word.