on air now
NOW PLAYING
Roch-Lè Bloem
up next
Up Next
KayCee Rossouw
on air now
NOW PLAYING
Roch-Lè Bloem
up next
Up Next
KayCee Rossouw
 

ABSA KKNK 1 – 9 April 2023

Die hele ketoetie – allésaam! Dít is wat feesgangers van Saterdag 1 tot Sondag 9 April by die 27ste KKNK, geborg deur Absa, op Oudtshoorn kan verwag. 

 

Vanjaar se feesprogram bied iets in almal se smaak. Die feesdatums val in die skoolvakansie en sluit Paasnaweek in.  

 

Feesgangers by dié familiefees kan uitsien na meer as 30 debuutwerke en ook ’n keur van die beste produksies van die afgelope jaar by ander feeste en teaters.

 

In groot nuus vir die Suid-Afrikaanse kunstebedryf het Absa, hoofborg van die KKNK, tydens die programbekendstelling aangekondig dat hul borgskap met ’n verdere drie jaar verleng word. “Absa beskou dit as waardevol om Suid-Afrika se dinamiese kunstesektor te ondersteun en innoverende maniere te vind om die gemeenskappe waarin ons woon en werk te dien. Ons strategiese doelwit is om die goeie na te streef in alles wat ons doen. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees pas uitstekend hierby in en ons is trots om ons lang verhouding met die befaamde fees voort te sit. Absa ondersteun hierdie viering van talent al vir meer as 20 jaar. Dit is vir ons meer as net ’n borgskap – dit is ook ’n manier om geleenthede vir opkomende kunstenaars te skep, wat ons deurlopend inspireer. Ons sien uit daarna om die veelsydige talente van plaaslike gemeenskappe by vanjaar se fees te beleef en staan gereed om gehore by die verskeie Absa-aanbiedings te verwelkom,” het Faisal Mkhize, uitvoerende hoof van Absa Verhoudingsbankdienste, gesê.

 

Vyf individue word vereer vir hulle bydrae tot die KKNK en die kunste: Dawid Minnaar ontvang die KKNK-prys vir Vertolking; Early B word vereer met die KKNK Kruispunt-prys; Refentse Morake ontvang die KKNK-prys vir Jong Stem en Liza Grobler is die Feeskunstenaar. Magdaleen Krüger ontvang die KKNK-prys vir Lewensbydrae.

 

Vir meer inligting besoek https://kknk.co.za