n Leë kansel, ‘n liefdesdriehoek en ‘n verlore lammetjie. Wat het hierdie drie in gemeen? Frans en sy span filmmakers is terug en die keer lê daar ‘n behoorlike plaasavontuur vir hulle voor. Die goedvoel, eg-Afrikaanse romantiese komedie, KLEIN KAROO 2 is eksklusief op DStv Box Office vanaf vandag, 15 Desember te sien!
In KLEIN KAROO 2 word Frans beloon met nie net een nie, maar twee wegholbruide, ‘n moontlike gesondheidskrisis en ‘n algehele pessimisme oor die lewe. Die teleurstellings skep egter die ideale geleentheid om weer die mooi van die liefde te herontdek.
Frans word gedwing om 'n tree terug te neem en sy lewe te herevalueer nadat hy onverwags vir die tweede keer voor die kansel gelaat is. Hy kom gou agter dat dinge eintlik erger kan word - op pad terug nadat hy ontdek het dat hy 'n breingewas het, stop Frans langs die pad om Chloë, 'n beeldskone boer wat besig is om 'n heining reg te maak, te help. Sy vertel dat al die boere in die Karoo-omgewing sukkel omdat hul vee gesteel word. Dit is 'n groot kommer omdat hul lewensbestaan in gevaar is.
Frans is bang en versigtig omdat sy hart pas weer gebreek is. In watter liefdesdriehoek bevind hy homself die keer? Gaan hy moet kies tussen nuwe liefde en ou vriende? Die regte soort liefde kom net een keer in 'n leeftyd. Sal Frans probeer om nog ’n vrou te red, of sy hart volg na waar hy verlang word?
Nooi jou vriende, kry die familie bymekaar en skakel in vir die romantiese komedie van die jaar! As gevolg van die onsekere tye wat ons as gevolg van Covid-19 ervaar, het die vervaardigers besluit om die film op DStv Box Office vry te stel om almal die kans te gee om die plaaslike filmbedryf te ondersteun en die film in die gemak en veiligheid van hul eie huis te geniet.
Take a look at the trailer right here!