on air now
up next
Up Next
Magic Music Mix
on air now
up next
Up Next
Magic Music Mix
 

Besonderse Galakonsert Wag by Klassique


“Vanjaar se Klein Karoo Klassique Galakonsert is ’n pragtige en unieke program, wat ’n paar verrassings insluit en beslis nie misgeloop kan word nie.”

Dit is die woorde van bekende musikant en dirigent Richard Cock. Hy het die program saamgestel vir die Klein Karoo Klassique Galakonsert, wat Saterdag 10 Augustus om 19:00 op Oudtshoorn aangebied word. Saam met hom op die verhoog is die uitstaande violis Samson Diamond en die Kaapstad Feeskamerorkes, wat spesiaal vir Klein Karoo Klassique byeengebring is.

“Ek hou daarvan om konserte pret en toeganklik te maak en klassieke musiekliefhebbers moet beslis nie hierdie optrede misloop nie. Diamond is ’n wonderlike violis en speel Mozart se pragtige ‘Viool Concerto No. 4’. Ons bring hulde aan Gershwin, wat ‘Rhapsody in Blue’ 100 jaar gelede gekomponeer het. Beethoven word ook gehuldig, ter viering van ‘Simfonie No. 9’ wat hy 200 gelede gekomponeer het”, sê Cock.

Die eerste helfte van die program is meer ernstig van aard, gevolg deur ’n tweede helfte wat onder andere musiek deur Gershwin, Brahms, Kreisler, Vaughan Williams en die bekende “Gold and Silver Waltz” van Lehár insluit.

“Gershwin se werk was werklik die eerste jazz-concerto en Beethoven se ‘Ode to Joy’ het vir die eerste keer ’n groot koor as deel van ’n optrede gebruik. Sy ‘Negende Simfonie’ is ’n revolusionêre werk, met geen gelyke in die repertorium nie – en ons voer ’n gedeelte daarvan op, wat regtig opwindend is. Daar is hope op die program om na uit te sien”, sê hy.

Gevierde musici is spesiaal deur Cock en Stuart Scott byeengebring vir die Kaapstad Feeskamerorkes, wat gereeld in en om Kaapstad optree. Die orkes en verskeie orkeslede is vir die eerste keer by Klein Karoo Klassique te sien. Cock sê hy is baie opgewonde om terug te keer na Oudtshoorn, aangesien sy laaste optrede in die Klein Karoo meer as 25 jaar gelede by die KKNK was.

“Daar is baie jong spelers in die orkes wat die gehoor gaan verstom met hulle entoesiasme en hulle liefde vir die uitvoer van musiek”, sluit Cock af.

Diamond het vantevore by Klein Karoo Klassique opgetree, waar hy die verhoog met die Odeion Strykkwartet – ook vanjaar by die fees op die verhoog – gedeel het. “Ek sien daarna uit om nog ’n keer pragtige musiek met die gehore by Klein Karoo Klassique te deel, onder leiding van Maestro Richard Cock. Klassique bring altyd ’n wonderlike groep musiek-entoesiaste byeen en ek is opgewonde om Mozart se ‘Viool Concerto’ saam met ander pragtige kort stukke vir viool