on air now
NOW PLAYING
The Drive With Roland Gaspar
up next
Up Next
Kea Zawadi
on air now
NOW PLAYING
The Drive With Roland Gaspar
up next
Up Next
Kea Zawadi
 

UOV: Hof sê Afrikaans moet bly


Die organisasies wat hulle vir onder meer afrikaanssprekendes se regte be-ywer, het Donderdag se uitspraak in die Hoërhof in Bloemfontein verwelkom oor die Universiteit van die Vrystaat se taalbeleid.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit beskou die uitspraak, wat die senaats- en raadsbesluit oor die taalbeleid van die Universiteit tersyde stel, as 'n oorwinning vir Afrikaans en die taalregte van alle Suid-Afrikaners in die algemeen.

Ingevolge die besluit sou Afrikaans teen aanstaande jaar as onderrigmedium by die universiteit uitfaseer word.As dié besluite gehandhaaf sou word, sou Afrikaans in 2017 nie meer as onderrigmedium aan die universiteit gebruik word nie, buiten in enkele opvoedkunde- en teologiekursusse.

Afrikaans behou dus nou sy huidige posisie as onderrigmedium aan dié universiteit.Soortgelyke regsgedinge oor die beoogde uitfasering van Afrikaans by die Universiteite van Suid-Afrika, -Pretoria en -Stellenbosch is ook aan die gang.