Die Standbeeld van Paul Kruger en die boerekrygers op Kerkplein in Pretoria is die jongste standbeeld wat onder vandaliste deurgeloop het.
Die standbeeld is met groen verf bedek en Fotos is op sosiale media versprei .
Dit volg na Vrydag se voorval op Uitenhage toe drie mans probeer het om die standbeeld van die Anglo Boere oorlog in die dorpsplein aan die brand te steek.
Lede van die EFF het in Pretoria gesê dat alle standbeelde van aparteidsikone vernietig sal word.
Die Vryheidsfront plus het vroeer in 'n verklaring gesê dat Paul Kruger geensins aan apartheid gekoppel kan word nie en dat dit deel is van 'n groter aanslag op blankes.
Intussen het die Afrikaanse Sangeres en Aktivis Sunette Bridges vroeer vandag op haar Facebook blad bekend gemaak dat sy van plan is om haarself aan die Paul Kruger Standbeeld vas te ketting.
Sy beoog om daar te bly totdat die burgemeester van Tshwane self 'n versoekskrif in ontvangs neem waarin haar griewe uiteengesit word.
Bridges wat bykans 43 000 volgelinge op haar blad het, moet later vandeesmaand weer in die hof verskyn, nadat sy van haatspraak aangekla is.
Die Menseregtekommissie het haar daarvan beskuldig dat sy kommentaar op haar Facebook-blad toelaat wat op haatspraak neerkom.
Die betrokke parteie kon nie buite die hof skik nie en die saak begin die 20ste April