Agri Oos-Kaap sê die provinsie is die afgelope jaar swaar getref deur plaasaanvalle en moorde.
In sy jaarverslag wat tydens Agri Oos-Kaap se jaarvergadering ter tafel gelê is, word aangevoer dat plaasaanvalle en moorde as 'n hoë prioriteitsmisdaad deur die SA Polisiediens hanteer word.
Die meeste verdagtes is aangekeer en voor die hof gebring.
Daar is ook melding gemaak van veediefstal, wat steeds een van die provinsie se prioriteitsmisdade bly.
Die Kommittee vir Landelike Veiligheid sê in die jaarverslag dat verskeie operasies op nasionale vlak geformuleer en beplan word om landelike veiligheid te bevorder.
Die kommitte het egter bygevoeg dat kommer steeds heers dat dié operasies nie op provinsiale vlak uitgevoer, gemonitor of geevalueer word nie.